Jan Ellis poeding resep (Afrikaans)

Jan Ellis poeding
Jan Ellis poeding (foto: purplecalabash.com)
Jan Ellis (1965)
Jan Ellis (1965)

Beslag:

  • 5 ml koeksoda
  • 125 ml melk
  • 200g (375 ml) bruismeel
  • 100g (125 ml) suiker
  • 2 eiers
  • 30 ml appelkooskonfyt
  • 20g (25 ml) sagte margarine/botter
  • 1 ml sout

Sous:

  • 250 ml water
  • 250 ml room
  • 230g (250 ml) botter
  • 200g (250 ml) suiker
  • 5 ml vanilla geursel

Voorverhit die oond tot 180 °C (350 °F). Smeer ‘n 2 liter bak. Los die koeksoda op in die melk en sit eenkant. Meng die res van die beslag bestanddele saam. Gooi dan die melkmengsel by die beslag en meng baie goed. Gooi die beslag in gesmeerde bak. Moet nie ‘n kleiner bak gebruik nie al lyk die beslag te min vir die bak. Bak dan vir 25 tot 30 minute. Toetsstokkie moet droog uitkom.

Vla
Foto: purplecalabash.com

Sous – meng al die bestanddele vir die sous saam en bring tot kookpunt. Dit is gewoonlik makliker in die mikrogolf. Giet die warm sous (bietjie vir bietjie sodat dit insuig in die deeg) bo-oor die warm poeding sodra dit uit die oond gehaal word. Laat dan staan vir 5 tot 10 minute om toe te laat dat die sous geabsorbeer word. Bedien dan met warm vla of heerlike roomys.