Die uiters oorspronklike Suzelle DIY

Suzelle DIY
Foto vanaf Suzelle DIY se Bakkiesblad

Jy gaan beslis van Suzelle hou – binne minder as 2 minute. En dis ‘n promise, net soos Clive Weil van Checkers s’n destyds.

Suzelle vra die vraag “D I Why?” en help jou dan om allerhande dinge in en om die huis vinnig en maklik reg te maak, a-la-doen-dit-jouself.

SuzelleDIY is ‘n oulike boeremeisie met ‘n adorable Afrikaanse aksent, wat haar eie DIY reeks op YouTube aanbied. Sy feature ook soms haar half onwillige vriendin Marianne, met hilarious gevolge.

Die reeks YouTube videos is briljant geskiet deur filmmaker Ari Kruger, en Suzelle word vertolk deur Julia Anastasopoulos, ook bekend as Knolc.

Hier is drie van SuzelleDIY se videos om te geniet. As jy meer soek, skryf in op Suzelle se YouTube kanaal. Nuwe videos word weekliks op Donderdae gelaai.


SuzelleDIY – How to make a braai pie



SuzelleDIY – How to make bobotie in a pumpkin



SuzelleDIY – How to change a plug