Trivia SA in die pers

Trivia SA is baie trots daarop dat ons vandag, Saterdag 13 Desember 2014, vir die eerste keer in die gedrukte pers verskyn het.

Ons Zuma/Eskom meme het vandag in volkleur op bladsy 12 van die Beeld verskyn, nadat ons toestemming verleen het vir die plasing daarvan.

Die reaksie op hierdie blootstelling was oorweldigend, en ons het digby 20,000 nuwe besoekers op ons webtuiste gehad vandag.

Ons wil hiermee die Beeld se span bedank vir die erkenning.

Die Trivia SA span