25 Tekens dat jy nie meer vandag se kind is nie

  1. Kafoefel op ‘n enkelbed is buite die kwessie.
  2. Jy kreun voordat, asook terwyl jy buk.
  3. Jou yskas bevat meer kos as drank.
  4. Jy geniet dit om blokkiesraaisels te voltooi.
  5. 5vm is hoe laat jy opstaan, nie hoe laat jy gaan slaap nie.
  6. Baie van jou sinne begin met “toe ek jou ouderdom was…”
  7. Nie een van die Kia Top 20 liedjies klink vir jou hoegenaamd bekend nie.
  8. Jy het geen idee hoe laat McDonalds of KFC toemaak nie.
  9. Bokswyn is nie meer heeltemal so lekker nie.
  10. Jy eet ontbyt in die oggend, en nie meer in die middel van die nag nie.
  11. 90% van die tyd wat jy voor ‘n rekenaar spandeer, is vir werk.
  12. Jou dokter lyk vreeslik jonk.
  13. Jou bril het ‘n toutjie, en hang permanent om jou nek.
  14. Jy raak aan die slaap voor die TV.
  15. ‘n Middagslapie klink baie aantreklik.
  16. Jou sleutels verdwyn gereeld spoorloos.
  17. Jy raak lomerig na ‘n glas wyn.
  18. Jy begin vrywillig in die tuin werk.
  19. Jy kyk meer gereeld na die weervoorspelling.
  20. Jy trek aan volgens die weervoorspelling.
  21. Jy begin die voëls in jou tuin kos gee.
  22. Die linkerbaan op die snelweg voel veilig.
  23. Jy verkies vakansies en troues waar daar geen kinders welkom is nie.
  24. Jy voel jy moet altyd sê wat jy dink, al is dit onbeskof.
  25. Jy het hierdie hele lys gelees in die desperate hoop dat daar dalk een teken op die lys is wat nie op jou van toepassing is nie. Jy kon egter nie een kry nie, en dis hoekom jy dit aanstuur na ‘n klomp van jou ouer vriende, want jy weet hulle sal dit ook geniet. Nou weet jy ook hoekom ek dit vir jou aangestuur het…