Rotte word gebruik om landmyne op te spoor

Uiteindelik is daar ‘n goeie gebruik vir rotte – die opspoor van landmyne in Tanzanië, Mosambiek en Angola.

Rotte 1

Landmyne dood duisende mense jaarliks, en daarom word Gambia reuserotte opgelei om die reuk van plofstof te identifiseer.

Die organisasie wat verantwoordelik is vir die opleiding van hierdie knaagdiere is APOPOAnti-Persoonsmijnen Ontmijnende Produk Ontwikkeling in Nederlands, of Anti-Personnel Landmines Detection Product Development in Engels.

Rotte 2

Die rotte word geleer om hulle hanteerders te waarsku sodra ‘n landmyn gevind word.

Rotte 3

Hulle is ideaal vir die werk aangesien hulle hoogs intelligent is en beskik oor ‘n skerp reuksintuig. Hulle is klein genoeg om nie die myne te aktiveer nie, maar groot genoeg om maklik sigbaar te wees in die veld. (Die Gambiese reuserot word sowat ‘n meter lank). Nog geen rot is tot dusver dood in ‘n mynveld nie.

Rotte 4

Hulle kan ‘n area van bykans 200 vierkante meter in slegs 20 minute skoon maak. Dit sou ‘n mens met ‘n metaalverklikker vyf dae neem om dieselfde area te dek, en boonop lewensgevaarlik wees.Rotte 5

Sedert die jaar 2000 het dié rotte meer as 9,000 landmyne en bomme regoor Tanzanië en Mosambiek opgespoor. Hulle het ook duisende kleiner wapens en ammunisie ondergronds uitgesnuffel.

Rotte 6

Rotte 7

Rotte 8

Rotte 9

Die rotte leef tipies agt jaar, maar gaan op “aftrede” wanneer hulle ses jaar oud word. Hulle leef dan die res van hulle dae uit as helde, en word lekkernye soos avokado’s, appels en piesangs gevoer.