Internet dating

Dating Site Dinge

Internet DatingEk het toe mos my hand (lyf?) gewaag aan “Internet dating” vroeg in 2015.

Vanweë die druk wat verskeie vriende en vriendinne op my geplaas het sedertdien, het ek tog maar besluit om my wedervaringe hier te deel. Wees gewaarsku – daar is “some really weird piepol” daar buite.

Maar wag, ek loop die storie vooruit. Kom ons begin by die “dating profile” wat ek opgestel het.


Ek was op die dating site bekend as “The Lone Ranger”.

The Lone Ranger

“Hi Ho Silver!” skree ek, terwyl ek vreesloos en sonder ‘n mak Indiaan hierdie ‘dating site’ instorm. Ek moet bieg – Silver is nie regtig ‘n wit perd nie, maar uhmmm… wel – meer silwer van kleur. Feitelik is die “instorm” gedeelte ook nie heeltemal korrek nie, want ek kan skaars perdry. O ja, en wat die “vreesloos” gedeelte aan betref, wel – ek is actually baie skrikkerig en ‘dating’-verroes.

I am quite attractive, highly intelligent, have an awesome sense of humour, broad shoulders, nice legs and a sensual voice (or, at least – so I’ve been told).

ModestyEk is Afrikaans-sprekend en ‘n roker. As dit jou afsit, hou maar verby, jong…

I would love to be able to spoil a beautiful woman – and make her laugh.

I’m quite sensitive, I hurt easily and I’m very romantic.

I’m here because I have been alone for far too long. Probably because I’m not willing to settle for mediocre either.

Although all of the above doesn’t make me seem modest at all, I am quite shy.

What to expect in a relationship with me:

Lots and lots of laughter.

The “Morkels” Guarantee, extended to the rest of your life. Wat beteken ek loop nie rond nie. Ek is joune. For life. I’m a one-woman man. (Om net op hierdie site te wees, laat my al klaar ongemaklik voel. Ek voel ek verneuk iemand, ek weet nog net nie vir wie nie.)

Romance – soos in liefdesbriefies op onverwagte plekke. Blomme. Tjoklits. Corny en gereelde SMS’e wanneer ek aan jou dink. Wat baie sal wees.

A true gentleman – want Ma het my reg grootgemaak.

Limited alcohol use – want my stiefpa het my gewys hoe lyk alkoholisme. En dit lyk wragtag sleg.

Bagasie met baie stof op – want ek was 10 jaar getroud, en is nou 10 jaar al geskei. Kan ek asseblief tog vir ten minste die volgende 10 jaar heads-over-heels in love wees? Maak gou asseblief – ek sit en oud word hier…

As jy tot hier gelees het sonder om vooroor te val en aan die slaap te raak op jou sleutelbord of jou foon laat val het, dan staan ek beslis ‘n kans – want ten minste hou jy van lees…


Waarna is ek op soek:

Jy mag dalk iets vir die oog wees, of dalk nie. Dit maak nie vreeslik saak nie, want sien – ek het 6 jaar van my lewe weggegooi omdat ek vir ‘n girl gesettle het wat ‘n mooi paar… umm… skouers? gehad het. (Dit was nou tipies man, en lekker stoopid van my. En eintlik is ek juis so nié ‘n GSAM nie).

*GSAM – Gemiddelde Suid-Afrikaanse Man

Valentines daySo ja – as jy mooi skouers het, sal dit awesome wees – maar dis baie beslis net ‘n bonus en nie ‘n voorvereiste nie. Jy is vrek intelligent, geniet hopelik my sin vir humor, en vind my darem ook ever so slightly aantreklik.

Wat jy asseblief NIE moet wees nie, is ‘n Taurus sterreteken asook die eienares van ‘n opregte Yorkie in kombinasie (Yorkies is heel okay, dis die Taurus was ‘n kopseer was). Daai is bad memories, en ‘n laaaaaang storie vir ‘n ander dag.

(Nota aan self: is dit ‘n Taurus ding, die Yorkies? Ek ken 4 Taurus sterretekens, en almal van hulle het opregte Yorkies. Weird…)

O ja – as jy ‘n klap van die windmeul weg het, of ‘n sadistiese streep het en my gevoelens gaan seermaak – hou ook maar liefs verby.

As jy mal is oor negatiewe konflik, is ek die een wat gillende die vlaktes inhol. Vêr, vêr weg van jou af. Ek freakin’ haat konflik.

Kieskeurig? Wie ek? Nooit gesien nie…


Nou ja. Let the weirdness commence. Ek begin toe my wedervaringe dagboek, as volg:

23 Februarie 2015

Ek sien niks – dalk is ek besope

Die een dame se profiel sê pertinent: “What you see is what you get.”

Sy het nie ‘n enkele foto op haar profiel geplaas nie.

Dit was erg confusing.

I'm VERY attractive
VERY attractive

‘n Ander dame beskryf haarself as “VERY attractive.” Kyk – ek weet ‘beauty is in the eye of the beer holder’ en al daai mooi dinge, maar in dié geval… dis soos om vir jou besope pêl te sê hy sing moer mooi daai een Karaoke aand, hy freakin’ onthou dit – en toe gaan skryf hy in vir Idols. En slaan sy naam met ‘n plank. Aanhoudend. Op Nasionale TV.


24 Februarie 2015

Die stil meisie wat so kan gil

Ek haal die volgende profiel losweg aan (insluitend die hoofletters):

“EK IS N BAIE SAGTE MENS, SKAAM, STIL EN TERUGGETROKKE, PRAAT NIE BAIE NIE, EN HOU NIE VAN BAKLEI NIE.”

Ummm… nou vir wat skree jy dan so op almal?


26 Februarie 2015

Aansoek om ‘n egskeiding

“Ek’s jammer – hierdie gaan nie werk nie. Ons sal moet skei.”

Ek vra pertinent op my profiel vir dames van die Pretoria omgewing, maar vir een of ander rede skryf meesal net die res van die land se singles vir my. Pofadder, Polokwane, Put-Sonder-Water – you name it. Net g’n niemand van Pretoria af nie.

Toe het ek gedink, nè… miskien moet ek maar die volgende briefie begin uitstuur na die eerste kennismaking:

Hallo ___________ (voeg naampie hier in)

AANSOEK OM ‘N EGSKEIDING

Ongelukkig is hierdie heel moontlik die laaste keer wat ek met jou gaan kommunikeer, want sien – ons twee saam gaan nie werk nie. So, ek was voorbarig genoeg om solank die storie vooruit te loop.

As volg:

WPJy is ‘n ________ fan (voeg Super15 span hier in) en ekke ‘n Blou Bul. Na slegs twee games in die seisoen in, kon ek jou hoor lag daar in die kamer – en dit was wragtag nie mooi van jou nie.

So – die kort tydjie saam met jou was awesome. Ek het so lekker vir jou gelag met tye dat ek ander onderklere moes gaan aantrek.

Die romanse was asemrowend, en die spesiale goedjies wat jy vir my gedoen het, het ek uit my hart uit waardeer. Die briefies in my kosblik was ook ‘n nice touch. (So ook daai lekker surprise by die Pick & Pay daai een dag – dis jammer dat nie een van ons nou ooit weer daar kan gaan shop nie, as gevolg van die stoopid verbanning. Pick & Pay se personeel het glad nie ‘n sin vir humor, of vir die sensuele nie.)

valentines-heartDie intimiteit was uit ‘n ander wêreld, en ek sal nooit vergeet hoe jou uhmm… wink, wink, nudge, nudge – say no more.

Jy kan maar die kar en die huis hou, dis in elk geval net aardse goed. Ek sal nou en dan naweke die hond kom haal.

Dis bitter jammer dat dit nie gewerk het tussen ons nie, maar daai gelag vir die Blou Bulle was vir my net een te veel. Ek kan net nie daarmee saamleef nie.

Ek’s jammer.

Jou Eks.


1 Maart 2015

Die laaste wals (‘n hartseer verhaal)

Ek kom die afgelope naweek per ongeluk af op ‘n ouer dame (66 jaar jonk) se profiel. Haar profiel se opskrif lees “Die laaste wals – wat vir altyd sal hou.”

Wat my aan die dink gesit het…

Die laaste walsEk praat seer sekerlik met die ouer garde hier. Die ouer generasie het diep gewortelde morele waardes, en sukkel om aan te pas by die nuwe tegnologie. Die landskap het verander van die sokkiejolle waar mens nog lekker kon langarm, na aanlyn dating sites waar jy jouself moet adverteer soos cheap merchandise in ‘n winkelvenster.

Dis vernederend.

Maar steeds, as jy lank genoeg alleen was, oorkom jy uiteindelik maar hierdie struikelblokke en plaas jouself daar buite.

Hoe verskriklik klein is jou kanse deesdae om die persoon te vind wat saam met jou die laaste wals sal wals?

Ek hoop van harte “die laaste wals” se maat is reeds by die sokkiejol, en sit oorgehaal en wag om vir haar te vra:

“Kom dans, Klaradyn.”

(Weereens – net die ouer generasie sal weet waarna ek hier verwys.)


2 Maart 2015

Gimnastiek, yoga-instrukteurs – en die geure van bubblegum

Dis nou al ‘n ope geheim wie ek is, en veral hoe oud ek is (49). Op hierdie gevorderde ouderdom lyk ek (en dit klink my ‘n hele paar van my vriendinne van dieselfde ouderdom) klaarblyklik steeds onweerstaanbaar (en onverklaarbaar) aantreklik vir 30-jariges. (My nuutste “bewonderaar” is 28 jaar oud, en nog nat agter die ore. Waddiehel?!)

Nou ja.

Ek kan my net indink wat die dertigjariges in gedagte het. Volgens een van hulle sal ek blykbaar “die tyd van my lewe hê”. Ek sal nooit ooit weer na ‘n ander vrou kyk nie, beweer sy.

Jissie sussie.

50 shades of hayEk kan nogal so dink. Nadat jy my in posisies ingedruk het wat ek laaste in die LO klas (die jonges dink “LO” staan vir “Lewensoriëntering, nee, julle is verkeerd) op hoërskool nie eers kon regkry nie, verwag jy van my om op my hogere ouderdom so flexible te wees soos jou yoga-instrukteur. O my artritis.

Kyk – daar is nie fout met my nie en ek het ‘n gesonde libido, maar wees genadig. My Spiderman costume is al motgevreet en pas nie meer om die magie nie, en die hangkas waarvan ek altyd afgespring het tot bo-op die bed, is nie meer so stewig nie. Dit mag dalk ook wees omdat ek swaarder weeg, of dalk omdat ek die sprong nie meer so lekker kan skat nie. My oë is nie meer wat dit was nie, sien.

Raak net rustigGegewe, ek sal baie beslis vir weke lank nie vir ‘n ander vrou kan kyk nie – maar dis bloot omdat my nek so styf is na die onverwagte gimnastiek. Ander dele van my lyf ook. Ek weet dit klink lekker en als, maar ek sal styf wees op al die verkeerde plekke. Ek sê weer – eina my artritis; eina my alles.

En as jy nou uiteindelik klaar is met my, gaan ek nie eers weet watse flavour van chewing gum om vir jou aan te bied nie…


3 Maart 2015

Die lam en tam ‘fan mail collector’

Ek loer nou al gereeld genoeg in by die dating site om allerhande snaakse patrone raak te sien.

Die een wat vir my die meeste uitstaan, is die dames wat ek die sogenaamde “fan mail collectors” begin noem het.

Hierdie dame is nie daar om te date nie, o nee. Sy is op die dating site suiwer net vir “self validation”. Die skema werk as volg:

Sy voel nie aldag so goed oor haarself nie, en plaas dus ‘n foto wat net so effens gewaagd is. Nie genoeg om die admins van die site se alarms te laat afgaan nie; net miskien ‘n kaal skouertjie omdat die rok se bandjie per ongeluk afgegly het toe die foto geneem is. ‘n Ander baie populêre “pose” van die ‘fan mail collector’ is dié waarin die arme vrou skielik vreeslik moeg moes geraak het, en toe noodgedwonge op die naaste bed moes gaan lê.

In the name of loveDié profielfoto word dan ook gereeld vervang met ‘n ander foto – tipies een waarin die vrou intussen darem genoeg energie iewers vandaan moes gekry het om ander klere aan te trek, maar toe so uitgeput was van ‘wardrobe change’ dat sy weer op dieselfde bed moes gaan neersak vir die neem van die nuwe foto.

Met ‘n paar van hierdie foto’s in haar arsenaal gaan sy dan oor tot aksie.

Wat natuurlik intussen gebeur, is dat die manne vir die vrou begin skryf.

Soos in “hi hallo mooi ding sjoe maar jy het ‘n mooi skouer sonder om leestekens te gebruik jislaaik maar ek het ‘n lang asem”

(Ek self vra natuurlik nooit oor haar skouer uit nie. Wat ek wil weet is… waddiehel doen die arme vrou vir ‘n lewe, aangesien sy óf baie tyd op haar bed deurbring, óf ‘n verskriklike uitputtende werk het.)

Nou sien, hier is die patroon:

Die boodskappe wat die manne stuur, word glad nie gelees nie. Tot die een dag wat iemand (heel moontlik die eks) haar verskriklik upset. Dan spring die ‘fan mail collector’ op die dating site, lees 60+ van haar fans se e-mails, voel uiteindelik weer positief oor haarself – en delete al die e-mails.

Sonder om ‘n enkele een te beantwoord.


4 Maart 2015

Jy’s oulik, maar… kan jy spel?

Okay – ek erken dat ek (darem net soms) ‘n figuurlike pyn in die agterstewe kan wees wat spelling aanbetref. Ter verdediging – ek laat baie ruimte toe gegewe jou agtergrond, soos byvoorbeeld – die jonger generasie se spelling is non-existent as gevolg van BBM, WhatsApp, SMS’e en pure haastigheid.

Dan neem ek natuurlik ook in ag dat Autocorrect ‘n opperste bliksem kan wees.

Die ouer generasie sien ek nie so maklik oor nie. Jou matriekuitslae vir jou twee hoofvakke (Afrikaans en Engels) het baie te doen gehad met jou spelling, jou ‘tenses’ en jou ‘grammar’.

Baie jare gelede was ek noodgedwonge in die posisie om personeel aan te stel by my firma, en moes ek deur tientalle CV’s sif. As jy jou (Engelse) CV in MS Word gedoen het, en jy beweer selfs dat jy MS Word op Advanced Level gedoen het… nou ja. Vele CV’s is summier asblik toe as gevolg van ooglopende spelfoute op bladsy een. Hallo spellcheck.

As jy dus jou eie profiel opstel op die dating site, sou ek verwag dat jy nóg meer effort sou insit as met jou CV. Veral as jy jouself beskryf as intelligent, wel belese, en – to add insult to injury – selfs dalk die trotse eienares is van ‘n graad of twee.

Hoekom dan, bly jy in ‘n voorstad genaamd “feare glen”? (Dit moet ‘n scary voorstad wees…) Ek meen – jy kry tog seker gereeld pos met die regte spelling? Of sien die voorstad se naam orals as jy rondry? Daagliks?

Of wag – dalk was haar onstabiele eks-man se naam Glen. Soos in “I’ll put the feare of Glen in you.”

Hier’s ‘n dame wat naweke ‘kammppeer’. Sy kweek seker netjiese vrugte (en hulle haartjies is altyd mooi netjies gekam).

Nog enetjie het ‘n ‘sonny personality’. Ek lei af sy het ‘n opgeskote seuntjie met ‘n baie aangename persoonlikheid.

Die volgende een beskryf haarself as ‘A NO NON SENSE GIRL’. Sy maak net geheel en al nie vir my sin nie.

Oulike dame is op soek na haar ‘sole mate’. Ek dink sy moet dalk meer by die Ocean Basket gaan uiteet – haar visgenoot kuier dalk ook daar.

“Wonnerwerke gebeur nog”, skryf die ouer dame. Jong – ek wonder darem, maar… ek is nog steeds ietwat skepties.

Spelfoute

“Dood gewone vrou soek dood man” – ek dink daar’s iets ‘missing’ in hierdie vrou se lewe. Of, dalk is sy net ‘n weduwee?

“seprise me” – ek ken ‘n grappie oor “supplies”, maar dis die naaste wat ek gaan kom hier.

“Is this ment to be?” – dit klink of hierdie ete afspraak gaan afsluit met ‘n hele handvol peppermente.

Hierdie een ‘wants to be treated like an angle’ – gelukkig is houtwerk een van my stokperdjies, want dit klink my beide die winkelhaak en die tekenborddriehoek moet saam op die eerste date.

Middeljarige dame beweer sy “is ‘n vrou van 45 en soek 40 – 50.”
Soek 40 – 50 van wat? Labola beeste? Mans? Suid-Afrikaanse Rand?

* Volgens die ‘search’ wat ek gedoen het, het AL die bogenoemde dames ‘n graad, en – in sommige gevalle, selfs twee.
I kid you not…

* Ek self het net Matriek.


Nou ja. Needless to say het die sogenaamde ‘ridder op die wit perd’ na dese die handdoek ingegooi, harnas vol stampe en duike. Ou Silver sien ook glad nie meer so goed daarna uit nie…

Silver

 


As jy gehou het van hierdie artikel, kom loer in en sluit aan op ons Bakkiesblad. Ons verhoog jou gemiddelde LPD met ten minste 3.

*LPD – Lag Per Dag