AdSpark

AdSpark sit vonk in jou Facebook advertensie

AdSpark Facebook Advertensie

Te oordeel die fenomenale toename in Facebook advertensies, is dié sosiale medium beslis die aangewese mark vir adverteerders om toekomstig te teiken.

Aktiewe adverteerders het op Facebook tot 2 miljoen, oftewel 33%, gestyg van die 1,5 miljoen adverteerders wat in Julie 2014 op hierdie platform geadverteer het.

Die meeste van die adverteerders word beskryf as diegene wat die afgelope 30 dae op die sosiale mediaplatform geadverteer het en verteenwoordig klein- en mediumgrootte besigheidseienaars.

Klein adverteerders is die moeilikste om te bereik omdat hulle gewoonlik nie op hoogte van tegnologiese ontwikkeling is nie, aldus Facebook se hoofbedryfsbeampte, Sheryl Sandberg. Tog is daar meer as 30 miljoen klein besigheidseienaars wat Facebook-blaaie het, sê sy.

Loer dus in by AdSpark – en sit vonk in jou Facebook advertensie!


AdSpark webwerf: http://adspark.co.za
AdSpark aanlyn winkel: http://shop.adspark.co.za
AdSpark Bakkiesblad (Facebook): http://fb.com/AdSparkSA