Waarvoor word beesvelle gebruik?
Om die bees binne te hou.
Wat is die verlede tyd van eet?
Honger
Wat is die verkleinwoord van oupa?
Kleinseun
Wat is die doel van die kies- en oogtande?
Die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die werk goed doen.
Voltooi die idioom: Hoe meer haas…?
Hoe groter is die haaspastei.
Wat is die meervoud van kabeljou?
Kabeljulle
Maak ‘n sin met “ter aarde bestel.”
Wie op ter aarde bestel so ‘n groot koek?
Vertaal in Afrikaans: “I beg you pardon?”
Huh?
Wat noem ons iemand wat velle looi?
‘n Onderwyser.