About Trivia SA

First published on Facebook on 28 January 2014, Trivia SA grew from a love of interesting facts, general knowledge, and trivia in general.

Our Trivia SA mascot
Our Trivia SA mascot

We want to share our love of trivia with you, and also try to get the so-called “social media” to really be social again – by ‘forcing’ you to communicate on a much more personal level with your friends and family. We might be posting questions that are not Googleable, for a reason.

We want you to interact socially – and on a personal level – with the older and younger generations.

For example, only the older generation will still remember pounds and shillings, and what these were worth before the decimal system. And only the younger generation will be able to tell you exactly which emoticon belongs to which emotion! 🙂


Boodskap van Trivia SA se “Fun Master”

My Oupa Jannie (1899 – 1978) was ‘n boorpunt-slyper by die Spoorweë (die ou SAS & H) voor hy op pensioen is, en hy het net Standerd Ses gehad. Hy was egter die slimste mens wat ek nog ooit leer ken het. Hy het gereeld nuus geluister op sy ‘draadloos’, en elke dag drie koerante gelees – twee in Afrikaans, en een in ‘die vyand’ se taal (‘Ingels’). Sy algemene kennis was ontsaglik breed.

Oupa was so bang vir nuwe tegnologie soos die duiwel vir ‘n slypsteen.

Sy eerste kennismaking met roltrappe (die hout-roltrappe by die ou OK in Pretoria) was ‘n absolute belewenis, en iets wat my altyd sal bybly. Dit het kompleet gelyk asof jy ‘n mat onder sy voete uitruk. 🙂

Met die koms van TV was dit natuurlik vir hom “direk van de Bose”. Maar dan weer – dit kan nie so erg wees as die mense op die kassie jou groot liefde (Die Nuus) sommer net daar vir jou lees nie? En – toe kom Edwill van Aarde, en Flinkdink. En Oupa is “hoek, lyn en sinker” vasgenael voor die van-de-Bose tegnologie.

Oupa Jannie was ongelooflik skerp. Hy kon 90% van die vrae antwoord nog voordat die deelnemers ‘n knoppie kon druk. En sy antwoorde was 95% van die tyd in die kol. Ek het lank aan Oupa gekarring om deel te neem, maar hy wou niks weet nie.

By nabetragting sou Oupa dalk in elk geval heeltemal ‘n “blank” geslaan het met al die ligte en die kameras… maar ek weet in my hart Oupa sou ‘n groot TV sensasie gewees het. Of dit nou sou wees oor sy ongelooflike algemene kennis, of omdat jy skielik die mat onder hom uitgeruk het – die sal ons nooit weet nie.

Ek het my liefde vir trivia en algemene kennis by my Oupa Jannie geërf. Hierdie ‘nuwe tegnologie’ webtuiste is aan Oupa opgedra. Ek weet sommer Oupa sou dink dis “van de Bose”, maar tog… kyk nou net al die interresante feite…

Rus in vrede, Oupa.

Ian de Jager

Fun Master at Trivia SA

Blogging regularly on Trivia SA, Ian has a passion for trivia and a deep love for South Africa and its people.

View full profile

WWSA
WWSA

Fascinating facts, intelligent humour – and the smell of braaivleis.