Thank you

Onvergeetlike oomblikke

‘n Dagboek van noemenswaardige gebeure in ons kort geskiedenis by Trivia SA (nuutste gebeure word eerste gelys.)

DESEMBER 2014

30 December

Trivia SA statisticsWe release our annual report, showcasing an extremely successful year in which we had more than 400,000 visitors.

19 Desember
Trivia SA's "Fun Master"
Trivia SA’s “Fun Master”

Our founder is interviewed by Leigh Andrews, senior editor of the marketing and media industry at Bizcommunity.com. Ian reveals some of the exciting plans he has in store for Trivia SA in 2015. Read the full interview here.

18 Desember

Bizcommunity logo
Ons behaal die nommer 1 plek op BizCommunity se 2014 top 10 memes van die jaar, met ons Zuma/Eskom meme.

13 Desember

Beeld logo
Trivia SA verskyn vir die eerste keer in die gedrukte pers, met die plasing van ons Zuma/Eskom meme in die Beeld (in volkleur, nogal).


NOVEMBER 2014

24 November

SA Blog AwardsOns word amptelik in kennis gestel dat ons benoem is in twee kategorieë vir die gesogte 2014 SA Blog Awards.

We were nominated in both the entertainment, and education categories.

4 November

Pinterest

Tot ons groot verbasing, doen ons Trivia SA elektroniese aansteekbord op Pinterest veel beter as wat ons ooit kon gedroom het. Die aansteekbord is veral populêr onder oorsese besoekers, en word deur sowat 2,000 mense daagliks besoek.


OKTOBER 2014

22 Oktober

Like Trivia SAVan ons intekenaars kla dat hulle soms vir dae lank niks van ons hoor op Facebook nie. Aangesien ons daagliks (sewe dae per week) gereeld kort artikels plaas op ons Bakkiesblad, stel ons ‘n gids saam getiteld “How to ensure Trivia SA always shows up in your Facebook Newsfeed.

Na afloop van ons ondersoek is ons onder die indruk dat enige Facebook plasings wat in Afrikaans geskryf is, nie dieselfde blootstelling geniet as ons Engelse plasings nie – veral gesien in die lig dat ons Facebook intekenaars oorwegend Afrikaanssprekend is.

21 Oktober

Verhoudings

Ons plaas Lorraine Brand se storie getiteld “‘n Trivia SA intekenaar bieg: ek het verhoudings met ander mans“, eksklusief vir ons Trivia intekenaars. Die artikel versprei soos ‘n veldbrand, en word vinnig-vinnig ons 2de mees populêre artikel tot dusver.

15 Oktober

Braaivleis

Indien jy op Google gaan soek vir “the smell of braaivleis” is ons webtuiste nommer 1 in die wêreld. Om dit te vier, plaas ons die artikel getiteld “We have a best smeller!

01 Oktober
bakkiesblad
As Facebook se “like button” Afrikaans was

Ons nooi ons Trivia SA intekenaars om Facebook se “like button” te vertaal in Afrikaans. Hierdie was die uiters oorspronklike resultaat.


SEPTEMBER 2014

30 September

100000 views on Trivia SA

Ons bereik ‘n reuse mylpaal in ons geskiedenis. Artikels op ons webtuiste is meer as 100,000 keer gelees, binne ‘n tydperk van minder as 4 maande sedert ons opening op 2 Junie vanjaar.

11 September

Ons totale Bakkiesblad intekenaars oorskrei vanoggend die 4,000 merk.

10 September
Lesotho flag
Photo: Shutterstock

Ons plaas ons mees gedeelde artikel ooit op ons webtuiste, asook op News 24. Die artikel is getiteld: “Lesotho: Why King Shaka said the F-word, and left.”

Klik hier vir die volle multimedia artikel op ons webtuiste, insluitend puik foto’s.

Klik hier vir die teksweergawe van die artikel op News24.

04 September

Een van ons intekenaars laat ons weet dat die meme wat ons op 03 September geplaas het (sien onder), op ‘Afrikaanse Grappe’ se Facebook bladsy gedeel word – sonder die Trivia SA logo aan die onderkant.

03 September

Die meme hieronder word deur ons uitgedink, en geplaas op ons Bakkiesblad.

Wanneer ma jou roep

01 September

Dis Lentedag, en ons plaas ons heel eerste woordraaisel op ons Bakkiesblad – dis onmiddelik ‘n reuse sukses. Loer hier in vir al ons woordraaisels tot dusver.

  • Marius Jonker

    Dit is voorwaar ‘n eer om deel te wees van Trivia SA en ook om aangewys te word as No 1 “deelnemer” op al die “sappige posts” hier te vinde. Jy sal ook “like” pos indien jy kyk na al die interessante artikels, fotos, ens. wat verskyn! Mooi gedaan aan die Trivia “span..!”

    • Baie dankie Marius! Soos verwag, en dan ook duidelik te sien in ons artikel – is jy heel eerste om te ‘like’, en te ‘comment’. Nes dit ons “true blue Number One Fan” betaam. Baie dankie weereens!

Fascinating facts, intelligent humour – and the smell of braaivleis.