Onvergeetlike oomblikke

AUGUSTUS 2014

21 Augustus
Amelia Earhart
Amelia Earhart’s daring round-the-world-flight was cut short when her Lockheed Electra disappeared over the Pacific Ocean on June 2, 1937. (Photo: Getty Images)

Aangesien Augustus vroue-maand is, bring ons hulde aan 11 beroemde vroue wat hul stempel op die wêreld afgedruk het. Ons plaas ons negende artikel op News24, getiteld: “Famous Firsts for Women.

13 Augustus

Die populariteit van ons Trivia SA webblad het so toegeneem dat ons genoodsaak is om ons webtuiste te verskuif na ‘n groter bediener, genaamd ‘n VPS (“Virtual Private Server”) by Web Africa. (Sien ook 08 Augustus).

12 Augustus

Robin Williams in "Good morning Vietnam"

Wêreldbekende akteur en komediant Robin Williams neem sy eie lewe op ouderdom 63. Ons huldeblyk aan die akteur is ons 8ste artikel op News24, getiteld: “Robin Williams – what you didn’t know.” Die artikel word deur meer as 29,000 mense gelees.

08 Augustus

Captain Awesome

Die CEO van ons Internet diensverskaffer, Web Africa, vra nederig en persoonlik om verskoning – en bied aan om ons webtuiste na ‘n veel sterker bediener te skuif. Ons brom steeds binnesmonds, maar aanvaar die aanbod. Baie dankie Web Africa! 🙂 Die sterker bediener gaan hopelik eersdaags baie nodig wees…

06 Augustus

Fat cat

Ons vervies ons liederlik vir die swak dienslewering van ons Internet diensverskaffer, en gooi ons speelgoed uit die spreekwoordelike kot uit met die plasing van ons 7de artikel, getiteld “Your CEO – Captain Awesome, or Fat Cat?” op News24. Die artikel word deur sowat 4,300 mense gelees.

05 Augustus

‘n Aardbewing skud Suid Afrika. Ons bar sin vir humor beweeg ons om die volgende te tweet op Twitter: “South Africa is not what it’s all cracked up to be.

01 Augustus

Disqus

Sedert ons webtuiste se ontstaan het ons intekenaars nie die opsie gehad om op- en aanmerkings te lewer op ons artikels nie. Na ‘n vinnige meningspeiling op ons Bakkiesblad stel ons die opsie deur middel van “Disqus” beskikbaar op ons webblad.


JULIE 2014

31 Julie

Die oulike mense van Jonty Jacobs se biltongwinkel in die VSA bied aan om vir ons biltong te stuur al die pad van New York af, nadat ons ‘n kort berig oor hulle geplaas het op ons Bakkiesblad.

30 Julie
Oryx
SANDF capabilities display, 2014 Rand Show (Photo: Arisha Ray Singh)

Ons begin ‘n nuwe afdeling op ons webtuiste, getiteld “Photo of the Week.” Die heel eerste bydrae kom van lojale Trivia SA ondersteuner Arisha Ray Singh.

26 Julie

Ons ondersoek die implimentering van ‘n “Foto van die Week” afdeling op ons webtuiste, en pols ons Bakkiesblad intekenaars hieroor.

24 Julie

Net vir die pret, laat loop ons slim sagteware op ons Bakkiesblad om te bepaal wie ons top 100 lojale volgers is. Die sagteware bepaal dat Marius Jonker, Barend Kruger en Alet van Wyk die meeste “likes” en opmerkings op ons Bakkiesblad-artikels gemaak het sedert Januarie vanjaar, en voorsien ons ook van ‘n ellelange lys van mense wat Trivia SA lojaal ondersteun. Dankie julle! 🙂

23 Julie

Juicy T-bone steak, South Africa

Elke nou en dan steek ons deurlopende “Kom ons Braai” tema kop uit. Ons publiseer ons 6de artikel getiteld “Kom ons braai – impress your friends with these cool facts about SA” op News24, en ‘n katspoegie oor die 5,000 mense sit hulle braaitange neer om dit gou te lees.

22 Julie

Ons pols ons intekenaars oor die plasing van meer Afrikaanse artikels (posts) op ons Bakkiesblad. Dit blyk dat Afrikaans heelwat byval sou vind, en sluit ook baie mooi aan by ons toekomstige planne met Trivia SA.

17 Julie
Roman Colosseum, Rome, Italy
Roman Colosseum, Rome, Italy – January 2014

Ons word persoonlik gelukgewens deur Murad Osmann al die pad van Rusland af, vir ons storie agter die storie op sy “Follow me to…” projek.

14 Julie

In aanloop tot Mandela-dag op 18 Julie 2014, plaas ons ‘n artikel getiteld “We miss you, Madiba.” Ons 5de artikel op News24 bereik 4,600 lesers.

08 Julie

Mimes in France

Ons vierde artikel, getiteld “When in Rome… (or France, or Russia, or Italy)” verskyn op News24. Klaarblyklik toer min Suid Afrikaners deesdae oorsee, en die artikel word gelees deur bietjie meer as 2,000 lesers.

04 Julie

Ons reik ons heel eerste elektroniese Trivia SA nuusbrief uit. Terselfdertyd verskaf ons ‘n skakel op ons webtuiste na ons splinternuwe “RSS feed.”

Clint Eastwood
Clint Eastwood, ook bekend as “Kluit Oosthuizen”

Groot pret op ons Bakkiesblad vandag, toe ons ons intekenaars vra om bekende mense se name te “ver-Afrikaans.” Hier is die artikel op ons webtuiste.

02 Julie

Teen die herdenking van ons webtuiste se eerste maand op die Internet, het ons 7,000 unieke besoekers gehad.

01 Julie

Tydens die viering van Kanada se 146ste bestaansjaar, word ons derde artikel op News24 gepubliseer getiteld: “24 Everyday items you didn’t know were Canadian.” Die artikel bereik sowat 6,500 lesers.

Canada Day


JUNIE 2014

27 Junie

Ian publiseer sy tweede artikel op News24: “Popcorn and Trivia – The Top 10 Movies of 1984.” Die artikel is sedertdien aanlyn gelees deur sowat 6,100 fliekvlooie op News24.

Police Academy
International Caps Lock Day at the Police Academy

(Vir die volle multimedia weergawe van die artikel op ons eie webtuiste, kliek hier – en geniet sommer al die voorprente ook.)

Ons maak ‘n Trivia SA Twitter rekening oop, en ons heel eerste “tweet” was juis oor die bogenoemde Top 10 flieks van 1984.

13 Junie

In aanloop tot die 2014 Sokker Wêreldbeker, publiseer ons stigter sy heel eerste artikel op News24: “The Soccer World Cup – 18 things you probably didn’t know.” Die artikel bereik 6,400 lesers.

First article on News24

12 Junie
Morning light
This magnificent male leopard was bathed in the hues of the South African sunrise. To say our morning game drive was a success would be a big understatement. (Photo and caption by Douglas Croft)

National Geographic verleen toestemming dat ons van hulle foto’s mag gebruik op ons webtuiste, en stel die foto’s dan ook gratis beskikbaar aan ons intekenaars vir aflaai as “wallpapers.” Vanaf hierdie datum word dit ook ‘n gereelde instelling op Trivia SA.

Teen laatmiddag steek ons getal Bakkiesblad intekenaars die 3,000-merk verby.Trivia SA statistics

10 Junie

Ons stigter, Ian de Jager, word uitgenooi om artikels te skryf vir News24 Voices. Hy gryp die geleentheid aan met beide hande – al word hy nie betaal vir die artikels nie, sê ons baie dankie aan News24 vir die blootstelling.

Ruben Delmage by GrootFM nader ons om ‘n kalender saam te stel van Nasionale gebeurtenisse.

02 Junie

Om 00h01 (ja, ons het wakkergebly vir dié een) en met groot trots – “lanseer” ons die Trivia SA webtuiste!

Trivia SA website launch

Op dieselfde dag open ons ook ‘n digitale Trivia SA aansteekbord op Pinterest.


APRIL EN MEI 2014

Ons begin kliphard werk aan ons spoggerige, splinternuwe, eie webtuiste. Al die idees wat ons Bakkiesblad intekenaars tot dusver mee vorendag gekom het, word in die nuwe webblad ingewerk.

Busy

Tydens hierdie twee maande kleur ons Trivia SA mooi in, en plaas ons net meer as ‘n honderd artikels, en amper driehonderd “Het u geweet?” feite op die webblad.

Counting down

Ons tel die dae voor die lansering af, deur om 10 dae voor lansering elke dag ‘n “pool” bal met ‘n nommer op, op ons Bakkiesblad te plaas.

2 Replies to “Onvergeetlike oomblikke”

  1. Dit is voorwaar ‘n eer om deel te wees van Trivia SA en ook om aangewys te word as No 1 “deelnemer” op al die “sappige posts” hier te vinde. Jy sal ook “like” pos indien jy kyk na al die interessante artikels, fotos, ens. wat verskyn! Mooi gedaan aan die Trivia “span..!”

    1. Baie dankie Marius! Soos verwag, en dan ook duidelik te sien in ons artikel – is jy heel eerste om te ‘like’, en te ‘comment’. Nes dit ons “true blue Number One Fan” betaam. Baie dankie weereens!

Comments are closed.