Onvergeetlike oomblikke

APRIL 2014

1 April

Ons “April Fools Joke” vir 2014 was in die vorm van ‘n apologie aan belangstellende nuwe Trivia SA Bakkiesblad intekenaars. Ons kon glad nie meer intekenaars by Trivia SA toelaat nie, aangesien Facebook ‘n nuwe kwota-sisteem (wat jou IK beoordeel) aangekondig het, en ons reeds die voorgeskrewe kwota bereik het.

Closed


MAART 2014

11 Maart

Trivia SA tagsOns vra ons Bakkiesblad intekenaars wat hulle graag sou wou sien op ons blad. Antwoorde sluit in… al die kategorieë en ‘tags’wat tans beskikbaar is op ons webtuiste! 🙂

9 Maart

Die Facebook blad “SA-People – for South Africans in South Africa and expats” verban ons van hulle bladsy. Hier is die ‘meme’ en ‘post’ wat ons op ons Bakkiesblad geplaas het:

Wild animals

TRIVIA SA BANNED – FOR “BEING TOO SOUTH AFRICAN”

When TriviaSA tried to share some of our lovely World Wildlife Day photos with the followers of the Facebook page entitled “SA-People – for South Africans in South Africa and expats” – we got banned from their page.

On their page, they state the following:

SAPEOPLE.COM is about SA people, anywhere in the world. Not just the celebs, but ALL South Africans. Send stories or photos to admin@sapeople.com.

Which we did.

It has since transpired that the admin behind this page is not actually even located in South Africa at all, but has a physical address in Kent, in the United Kingdom.

So – we probably got banned for “being too South African“…

03 tot 07 Maart

World Wildlife Day - Trivia SAOns vier World Wildlife Day 2014 vir ‘n hele week, met wilde diere as tema. Die bekende Trivia SA “gesiggie” word vir die eerste keer in ons baie kort geskiedenis verander om aan te sluit by dié tema.

Ons maak ook vir die eerste keer kennis met die oulike mense van National Geographic. Hulle verleen toestemming dat ons van hulle foto’s mag gebruik as “wallpapers”. Ons bêre hierdie idee in ons agterkop vir die toekomstige webtuiste.

Gedurende dié week (dit het aanmekaar gereën, onthou julle?) groei ons tot meer as 2,000 intekenaars.

2000 likes!


FEBRUARIE 2014

28 Februarie

Die laaste inry in Suid Afrika maak toe (Menlyn inry, in Pretoria); die hartseer einde van ‘n era.

Last drive-in

25 Februarie

Lojale intekenaar Nicole Smith Mohamed skryf vir ons:

“I keep thinking of ways to remember all these titbits to tell my unborn child. Maybe Trivia SA must think of putting together a collection of the year’s info in a book, complete with illustrations.”

En net daar – met die lees van Nicole se opmerking – word die idee van ‘n webtuiste van ons eie gebore.

24 Februarie

Ons bereik 1,500 intekenaars op ons Bakkiesblad, en ons eerste “Caption This” byskrif word verskaf deur ons mees lojale intekenaar – Marius Jonker.

Caption This! - with Trivia SA
As usual, the paparazzi were monkeying around when we had our braai this past weekend (captioned by loyal Trivia SA follower, Marius Jonker)
23 Februarie

Die wêreldbekende Suid-Afrikaanse fotograaf Hougaard Malan verleen sy toestemming en goedkeuring dat ons sy foto’s mag gebruik vir ons Bakkiesblad se voorblad. Hierdie was die eerste van Hougaard se foto’s wat ons gebruik het:

Tsitsikamma
Tsitsikamma National Park, Garden Route, South Africa.
Perfect spring weather creates this beautiful scene at the mouth of the Storms River.
Photo copyrighted – Hougaard Malan.
11 Februarie

Ons verwerf 1,000 intekenaars op ons Bakkiesblad. 1000 likes!

19 Februarie

Ons “ontmasker” een van Suid Afrika se legendes – Die Kavalier.

10 Februarie

Ons skep en plaas ons eerste selfgemaakte “Meme” op ons Bakkiesblad.

First road in South Africa found without any potholes! Kom ons Braai!

04 Februarie

SuperBru yellow capNet betyds vir die 2014 Super 15 Rugby toernooi, loods ons ons eerste Trivia SA rugbyraai op Superbru. Soos met die Jan Ellis poeding, beloof hierdie om ook ‘n jaarlikse instelling te word.

02 Februarie
Jan Ellis poeding
Jan Ellis poeding (foto: purplecalabash.com)

Ons inspireer nege van ons intekenaars regoor die wêreld om ‘n Jan Ellis poeding te bak vir nagereg Sondag middag. Die gebeurtenis sal ‘n jaarlikse instelling word op Trivia SA.

Ons begin om die eg Suid Afrikaanse term “Kom ons Braai!” as ‘n sterk tema op ons Bakkiesblad te gebruik. Die tema sal deurlopend elke nou en dan insluip in ons artikels in die toekoms.

Kom ons Braai!
Kom ons Braai!

JANUARIE 2014

30 Januarie

Ons bereik 100 “likes” op ons Bakkiesblad.

100 likes!

28 Januarie

Die Trivia SA Bakkiesblad (Facebook page) word gebore.

Like and Share

27 Januarie

Wat van…

‘n Blink idee skiet ons stigter te binne. Wat van… ons begin ‘n trivia bladsy op Facebook, spesifiek vir Suid Afrikaners?

2 Replies to “Onvergeetlike oomblikke”

  1. Dit is voorwaar ‘n eer om deel te wees van Trivia SA en ook om aangewys te word as No 1 “deelnemer” op al die “sappige posts” hier te vinde. Jy sal ook “like” pos indien jy kyk na al die interessante artikels, fotos, ens. wat verskyn! Mooi gedaan aan die Trivia “span..!”

    1. Baie dankie Marius! Soos verwag, en dan ook duidelik te sien in ons artikel – is jy heel eerste om te ‘like’, en te ‘comment’. Nes dit ons “true blue Number One Fan” betaam. Baie dankie weereens!

Comments are closed.